Oproepe
WhatsApp- video- en stem-oproepe is gratis*, het geen tydsbeperking nie en is punt-tot-punt-geënkripteer. Bel internasionaal een-tot-een of in groepe.
*Datakoste kan geld. Kontak jou verskaffer vir besonderhede.

WhatsApp- video- en stem-oproepe is gratis*, het geen tydsbeperking nie en is punt-tot-punt-geënkripteer. Bel internasionaal een-tot-een of in groepe.
*Datakoste kan geld. Kontak jou verskaffer vir besonderhede.
Voel soos jouself met uitdrukkingsvolle en prettige gesprekke. Boodskappe word punt-tot-punt-geënkripteer sodat jou persoonlike boodskappe veilig is.
Jou privaatheid is ons prioriteit. Met punt-tot-punt-enkripsie op WhatsApp bly jou persoonlike boodskappe, foto’s, oproepe en meer tussen jou en die mense wat jy kies, wat beteken dat nie eers WhatsApp dit te sien kan kry nie.

Al die kenmerke waarvan jy hou: kletse, bel, status, skermdeling en meer op ’n groter skerm.
Gekoppelde toestelle bied ’n betroubare, veilige manier om vanaf enige van jou toestelle tot WhatsApp toegang te kry. Jy kan in verbinding bly deur tot vier toestelle op ’n slag aan jou primêre foon te koppel. Jy het steeds jou primêre foon nodig om jou WhatsApp-rekening te registreer en nuwe toestelle te koppel. Vind uit hoe om ’n toestel te koppel hier.
Gesteunde gekoppelde toestelle sluit in:
Jy kan die volgende vir alle ander bedryfstelsels gebruik: WhatsApp Web in jou blaaier.
Die nuwe WhatsApp-rekenaartoepassing vir Windows word gesteun op Windows 10.1 64-bis 1903 of hoër.
As die weergawe wat jy gebruik, ouer is, sal jy jou bedryfstelsel moet opdateer en dan WhatsApp vir Windows moet aflaai. Alternatiewelik kan jy WhatsApp Web in jou blaaier gebruik.
Vir instruksies oor hoe om te kyk watter weergawe van Windows se bedryfstelsel jy tans het, klik hier om na die Microsoft Hulpsentrum te gaan.
WhatsApp vir Mac word gesteun op macOS 11 of hoër.
As die weergawe wat jy gebruik, ouer is, sal jy jou bedryfstelsel moet opdateer en dan ,WhatsApp vir Mac moet aflaai. Alternatiewelik kan jy WhatsApp Web in jou blaaier gebruik.
Vir instruksies oor hoe om te kyk watter weergawe van macOS jy het, klik hier om na die Apple Hulpsentrum te gaan.